Ek het geweet van die begin af dat ek vir Inkommers deur Hans du Plessis sou geniet, en al is dit 'n storie van 'n plek, is dit ook meestal 'n storie van die mense wie daar woon. Van die wat behoort, of sou ek liewers sê voel dit is hulle geboortereg teenoor die wat wat buite die kring is, so te sê. Daar is nogtans baie karakters, en partykeer het ek hulle 'n bietjie verwar. Die konkels in al die kleiner stories raak nogtans gekompliseerd.
Maar Du Plessis se taalgebruik is uitstekend. Kyk, ek is 'n Kaapenaar, en was maar baie selde annerkant die Vaalrivier, so ek ken nie hierdie wêreld nie. Dat ek so mooi 'n prentjie in my geheue kon kry sê maar baie van hoe goed hierdie man kan skrywe. En dis amper asof ek sit en luister op die stoep terwyl hy so gesels oor 'n koppie moerkoffie en beskuit – sulke lekker skinnerstories. En ek hoor sommer die tortelduiwe in die doringboom...Die hart van die roman is sy mense – hoe dinge in 'n gemeenskap verander ... en maar partykeer ook net dieselfde bly. Mense is maar, mense, en hulle is dikwels vol draadwerk. Identiteit, eienaarskap... Waar 'n mens sy hart tuismaak. Dis moeilik om hierdie boek te klassifiseer, maar hy was definitief 'n lekker leesboek.
PS, verskoon asseblief my Afrikaans – ek probeer om 'n bietjie meer my taal te beoefen, en ek is maar baie verengels en sukkel met my woordeskat.


