Pages

Saturday, November 23, 2024

Vetplantfeetjies deur Fiona Moodie, Antjie Krog en Ingrid de Kok

Vir die wat vir my goed ken, sal julle weet ek is kompleet betjoinks oor vetplante. Ek versamel hulle al vir jare – aalwyne, kaktuse, euphorbias – allerande soorte. Toe ek sien dat die boekie Vetplantfeetjies uitgeryk is, moes ek toe 'n kopie kry. Dis nou rerig 'n oulike boekie díe, deur Fiona Moodie geillustreer en met die teks deur Antjie Krog en Ingrid de Kok. Wat meer kan 'n mens vra vir van so 'n samewerking?


Kyk, die ding met Afrikaanse gedigte is dat die woordespel net te pragtig is. Dit klink soms ook better as die Engelse vertalings – en die rympies in hierdie boek moet hardop gelees word vir hoe die woorde oor mekaar kabbel. En die konsep is wonderlik. Toe ek klein was, was ek dol oor die Flower Fairy boeke van Cicely Mary Barker, en Vetplant Feetjies is 'n eg Suid-Afrikaanse weergawe hiervan. Ek dink ook aan die DJ Opperman digte bundel waaruit my ma vir my voorgelees het – die rympies in Vetplant Feetjies het dieselfde gevoel.

Elke paar bladsye is toegewy aan 'n plant – meestal inheems, soos Euphorbia, Boophone disticha, Lithops, Crassula, en Kalanchoe, maar ook Echeveria. Die feetjies is so skattig, en die illustrasies onthul meer detail elke keer as ek hulle bestudeer. Dis 'n boekie wat ek in my permanente versameling gaan hou – vir inspirasie en net omdat dit so flippen mooi is. As jy kleingoed het of sommer net van mooi gedigte hou, en jy is lief vir vetplante, is dit nou 'n boek om in die hande te kry.

No comments:

Post a Comment