Sunday, May 5, 2013

Antjie Somers #Afrikaans #glipsie


“Pasop! Antjie Somers sal jou vang!” het my ma se mense altyd gesê.

Maar toe was ek nog ’n klein klimeid met stokkerige bene en blou knipoë, wat na al die grootemense gestaar het as hulle so laat in die nag bangmaakstories gepraat het.

Nou is die fluweel donkerte my mantel en ek loop in die skadus waar die naguil roep. Vrees het geen houvas op my nie. My oë weerkaats met smaraggroen skynsel in die helder maanlig en my tande is vlymskerp noudat jou bloed in my are vloei.

Ek is glad nie meer bang vir Antjie Somers nie.

No comments:

Post a Comment