Kamphoer deur Francois Smith was vir my nogal 'n moelike boek om te lees. Die storie self is nie lineêr nie, en skuif tussen die hede en die verlede, soos dit aangaan. Daar is distansie in die hede, terwyl die herinneringe meer persoonlik, onmiddelik is.
Dit is gebaseer op 'n ware verhaal van Susan Nell, wie se familie bywoners was op 'n Vrystaatse plaas gedurende die Anglo-Boereoolog. Toe sy in Winburg se konsentrasiekamp beland het, was sy verkrag deur twee Engelse soldate en 'n joiner, en toe so wreed aangerand is dat hulle haar byna doodgemaak het. Haar liggaam het van die lykswa afgerol en 'n Sotho man, Tiisetso, het haar ontdek. Al was se erg beseer, het hy en sy vrou Mamello, vir haar gesond gemaak en toe vir haar Kaap toe gestuur, waar die fotograaf Jack Perry vir homself oor haar ontverm het.
Ek gaan nie die hele verhaal oorvertel nie, maar gaan maar net uitskets hoe Susan se belang in psigoterapie vir haar gely het om te werk met die wat deur drie oorloë van bombskok gely het. Sy het ook twee van haar verkragters weer ontmoet, maar dié roman handel meestal net met haar tyd by die psigiatriese hospitaal in Engeland.
Kamphoer is 'n ongemaklike storie, en omdat dit op die waarheid gebaseer is, is daar nie 'n bevredigende einde nie. Die tema is die van die stories wat 'n mens vir jouself vertel, en hoe die lewe eintlik maar niks beteken nie – net 'n leë, oorgroeide graf iewers in die veld.
No comments:
Post a Comment