Wednesday, July 11, 2018

Ander Lewens deur André P Brink

Ander Lewens deur André P Brink sit al 'n lang ruk op my boekrak, en ek is bly dat ek nou finaal klaargekry het met hierdie roman. Ons volg die deurmekaargevlegte lewens van drie mans – David, 'n skilder; Steve, 'n argitek; en Derek, 'n pianis. Van die begin af speel Brink met lesers se sintuie, met kleur, die materiaal, asook musiek en kos.

'n Ander tema wat deur die drie stories geweef word is die van vreemdheid, wanneer aspekte van hulle wêreld onbekend word. Elke man definieer vir homself in sy interaksie met sy omgewing, in sy verhoudings met familie en minnaars.

Die drie verhale oorvleuel vir mekaar, en lesers kan sien hoe elke karakter se wêreldbeskouing 'n ander kleur en geur tot die storie oorgee. Partykeer voel ek asof die karakters 'n bietjie te sentimenteel en self-geabsorbeer is, en dinge het dikwels vir my ongemaklik laat voel. Wat 'n goeie ding is, ek dink!

Mense sal seker 'n bietjie ontstoke wees as ek sê hierdie is eintlik maar 'n fantasie-roman (miskien spekulatiewe fiksie) – want daar is elemente van fantasie en tot op 'n mate gruwel. Met alles in ag geneem, het ek Ander Lewens nogal geniet – en dit is deel van my persoonlike uitdaging om meer Afrikaans te lees. En om meer in my moedertaal te skrywe (verskoon tog maar dat my woordeskat so lomp is).

1 comment: