Op universiteit ontmoet sy haar bosom-vriendin Flooze, wie so selfgesentreerd is, dat ek die hele tyd net vir Libbi uitskel dat hierdie vroumens nie goed vir haar is nie. En dat Flooze haar net gebruik. Maar Libbi moet maar self leer, en dit gaan nie mooi wees nie. Libbi se kop draai net om mans, en sy kry vir haar 'n man, maar ek voel dat dit meer die simbool van 'n man is wat vir haar belangrik is, en nie dat die man haar vriend is nie. Die hele huwelik, as jy vir my vra, is 'n ramp. Ek was sommer vies vir jaar die hele tyd.
Die roman speel af oor 'n hele leeftyd, omtrent – so ek het gevoel asof daar nie vir my genoeg storie was nie – meer dat Libbi van een ramp na die ander slinger. En die ander probleem vir my was dat al is daar 'n idee van iets wat kan ontwikkel, is die ontwikkeling daarvan te oppervlakkig, en die karakter waarom die ontwikkeling wentel nie sterk genoeg is nie.
Vir my was dit heel en al 'n ongemaklikke boek om te lees, want ek het gevoel asof Libbi nooit eintlik selfbewus word nie, en soos 'n treinramp kon ek ook nie wegkyk nie. Heelwaarskynklik is ek nie die regte leser vir hierdie roman nie maar miskien sal iemand anders die absurde kinkels geniet.
No comments:
Post a Comment